Solidariteit Finansiële Dienste (SF Dienste) --->   ≡ ╳
  • Tuisblad
  • Produkte en Dienste
    • Korttermynversekering
    • Persoonlike Finansiële Advies
    • Mediese Dekking
    • Sol-Tech Studielenings
    • Akademia Studielenings
    • Boedelbeplanning en Testamente
    • Regsversekering
  • Kennis Biblioteek
  • Kontak Ons
Skip to content

Geldbestuur is nie net swoeg nie – jy moet na jou psige ook kyk

By EditorDefault Post2 July 2022

Geld kan dalk nie geluk koop nie, maar dis baie makliker om tevrede te voel as jy weet jou beursie ly nie honger nie.


Geld is dalk net ‘n middel tot ‘n doel, maar dis ‘n integrerende deel van ons lewens en emosies. En tog benader ons dikwels finansiële bestuur soos iets wat losstaan van ons psiges. Hier is ‘n paar gedagtes om jou te help om jou emosies te erken wanneer jy jou finansies beplan.

Spaar geld net vir die lekkerkry

Ons kan nie die heel tyd net werk om uit te kom nie. Jy moet ook na jouself kyk en opgewonde raak as jy iets net vir jou koop. Dit beteken nie jy moet tot onbeplande kleinhandelterapie – en kopersverwyt – oorgaan nie. Spaar eerder elke maand ‘n bedrag (hoe klein ook al) en oormerk daardie geld vir iets spesiaal vir jou. Selfs al spaar jy nie vir ‘n bepaalde ding nie is dit gerusstellend om te weet dat jy daardie fondse beskikbaar het as jy die dag swartgallig voel.

Begroting is nie ‘n drieletterwoord nie

Vir sommige mense val begroting en die opstel van ‘n testament in dieselfde kategorie: vermy dit! Maar om jou kop in die grond te steek, sal nie op wonderbaarlike wyse jou beker laat oorloop nie. Om jou begroting te beplan, is baie dieselfde as om daardie hardnekkige deurmekaar kas (jy weet watter een) te organiseer. Dit is dalk nie die aangenaamste taak nie, maar jy sal meer gemoedsrus hê as die huiswerk afgehandel is. Doen ‘n bietjie selfondersoek na jou verhouding met geld en hoekom jy dit moeilik vind om finansiële beplanning te hanteer.

Moenie oorontleed voordat jy begin spaar nie

Dit kan oorweldigend wees om uit te werk hoe om te spaar en te belê, sê Ali Simpkins, wat skryf vir MoneyWeb. Maar Simpkins gaan voort en sê jy moenie jou bekommer oor hoeveel jy het om te spaar nie – spaar net. Effektetrusts (as beleggingsmedia) kan byvoorbeeld vir so min as R250 per maand gekoop word en bied ‘n wye reeks oplossings. As jy eers ‘n bietjie gespaar het, sal jou saamgestelde rente jou belegging help groei. Soos Simpkins verduidelik, hoe vroeër jy belê hoe meer rente sal jy verdien, wat beteken meer rente op daardie rente…

Bron: https://finansies.solidariteit.co.za/geldbestuur-is-nie-net-swoeg-nie-jy-moet-na-jou-psige-ook-kyk/

Tel: 0861 101 005

Maak 'n afspraak en besoek ons by: Duinlewerikstraat 16, Monument Park, X15, Pretoria, 0105

Meer oor SFD

Solidariteit Finansiële Dienste (SFD) bedien die gemeenskap met onafhanklike en eerlike finansiële advies. SFD beskik oor die dienste van gesertifiseerde finansiële adviseurs wat spesialiseer in beleggings, aftreebeplanning, die hantering van afleggings/bedankings, lewens- en ongeskiktheidsversekering, belastingbeplanning vir individue, mediese beplanning en dekking en boedelbeplanning.

Solidariteit Finansiële Dienste Edms. Bpk. (gelisensieerde finansiële diens verskaffer. Lisensie No. 15556)

Kontak ons

Kontak ons gerus Maandae tot Vrydae
van 8:00-17:00 by:

Tel: 0861 101 005
E-Pos: admin@sfdienste.co.za

Maak ‘n afspraak en besoek ons by:
Duinlewerikstraat 16 Monument Park X15, Pretoria, 0105

Kantoor bestuurder: Michelle Nel

Kontak ons by 0861 101 005