Ongeag ouderdom moet ons almal ons aftreeplanne in oënskou neem. Die beskikbare opsies het vir baie jare min verander; jy kon gewoonlik kies tussen ‘n lewensannuïteit en ‘n lewende annuïteit om jou van ‘n gereelde inkomste te voorsien.
Die goeie nuus is egter dat die aftreelandskap verander het, en om ‘n annuïteit vir aftrede te kies is nie meer ‘n ‘of die of daardie’ besluit nie. Gemengde annuïteite mag net wees wat jou aftree-inkomste benodig.
Só werk gemengde annuïteite:
Met lewende annuïteite het afgetredenes ‘n mate van buigbaarheid oor hoe hulle kapitaal belê word en hoeveel hulle elke maand as inkomste kan neem. Dit beteken egter dat baie Suid-Afrikaanse afgetredenes wat in lewende annuïteite belê het, die risiko loop om hulle spaargeld te oorleef. Om ‘n standvastige inkomste regdeur aftrede te geniet, is die basiese reël om net ‘n maksimum van 4% van kapitaal elke jaar as inkomste te onttrek. Nogtans onttrek baie afgetredenes baie meer.
Een manier om die hoër risiko van lewende annuïteite en die rigiditeit van gewaarborgde annuïteite beter te bestuur, is om ‘n gemengde annuïteit te gebruik. Hierdie produk voorsien die beste van beide in een en navorsing toon dat om ‘n lewende annuïteit met ‘n lewensannuïteit te kombineer ‘n beter oplossing vir aftrede is as elkeen op sy eie.
Anders as om twee aparte produkte te hê, stel gemengde annuïteite jou in staat om met tyd ‘n geskikte portefeulje op te bou, en die verrekenings van noodsaaklike en diskresionêre besteding te balanseer soos hulle opduik. Jy kan byvoorbeeld addisionele gedeeltes na lewensannuïteite omruil wanneer jy dit nodig vind om die gewaarborgde inkomstegedeelte te verhoog namate jou ouer word.
Die mag van vermenging maak dit vir jou moontlik om ‘n gewaarborgde inkomste vir die res van jou lewe te verseker om noodsaaklike uitgawes te dek. Terselfdertyd laat dit jou ook toe om die langtermyngroei van die res van jou kapitaal te maksimaliseer om luukse uitgawes te befonds of ‘n erflating aan jou begunstigdes te maak.
‘n Bykomende voordeel is dat ‘n gemengde annuïteit die risiko van toenemende onttrekkings (om meer uit jou lewende annuïteitskomponent te onttrek namate jou geld opraak) uit die weg ruim. Dit is omdat die stabiele inkomste uit die gewaarborgde lewensannuïteitkomponent ‘n veiligheidsnet verskaf. As bates wat jy uit die lewende annuïteitsporsie onttrek dus ooit uitgeput raak, sal jou inkomste uit die lewensannuïteit nooit onder die gewaarborgde inkomstevlak daal nie.
Bron: https://finansies.solidariteit.co.za/verbeter-jou-aftree-inkomstebeplanning-met-gemengde-annuiteite/