
Akademia Studielenings SFD staan jou finansieel by om jou opleiding by die beste Afrikaanse opleidingsinstelling in die wêreld te voltooi.
Akademia
Akademia is ‘n Afrikaanse privaat hoëronderwysinstelling. Akademia is in Suid Afrika geakkrediteer deur die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding se Raad op Hoër Onderwys. Studente aan Akademia sal vanaf 2021 bedags kan klas draf op die Centurion-kampus, waar hulle op tradisionele wyse onderrig sal word deur dosente wat fisies in die klas teenwoordig is.
Akademia se studiesentrums verskil effens van die tradisionele universiteitskampus deurdat dit hoofsaaklik van tegnologie en afstandleer gebruik maak. Hierdie “kampusse” word studiesentrums genoem. Studente het by hierdie studiesentrums toegang tot gratis internet om van die aanlyngeriewe soos die Spens (Akademia se akademiese ondersteuningstelsel en biblioteek) gebruik te maak. Verder kan die studente ook konferensies en klasse digitaal by hierdie sentrums bywoon.
Akademia het tans elf studiesentrums landswyd en een in Namibië en bied opleiding vir verskeie grade, diplomas en hoër sertifikate.
Voordele van studies aan Akademia deur befondsings van SFD sluit in:
- Uitstekende rentekoerse
- Pasgemaakte terugbetaaltermyne
- Afrikaanse opleiding
- Uitstekende indiensnamepersentasie van kwalifiseerde mense
- Wye verskeidenheid grade en ambagte beskikbaar
Mens het nodig om ’n voorsprong te kry in die hoogs mededingende en soms onregverdige werklandskap van Suid-Afrika. SFD bied van die mededingendste rentekoerse vir jou om jou studies by hierdie Afrikaanse studietuiste te voltooi.