
Bo-Karoo Opleiding Studielenings SFDienste sal jou finansieel bystaan om jou opleiding by die beste Afrikaanse opleidingsinstelling in die wêreld te voltooi.
Bo-Karoo Opleiding (BKO) bied die ideale geleentheid om ʼn nasionaal geakkrediteerde kwalifikasie in ʼn goedgestruktureerde landelike omgewing te verwerf. Hier verwerf studente nie net ʼn kwalifikasie nie, hulle word gevorm om as roepinggedrewe volwassenes die arbeidsmark te betree.
Stewig gegrond in hulle geloof en kultuur op pad na ʼn nuwe môre.
Die volgende voltydse kwalifikasies kan bekom word by Bo-Karoo Opleiding:
- Bou en Siviele Konstruksie
- Loodgieter
- Elektries
- Boerderybestuur
- Tuisversorging
Bo-Karoo Opleiding beskik oor twee koshuise, nl. Die Duiker (dameskoshuis) en Steenbok Herberg (manskoshuis). Planne is reeds ver gevorder vir die oprigting van twee nuwe koshuise.
Los gerus jou besonderhede indien jy ‘n knap oplossing benodig om jou studies en verblyf te finansier.