Om ’n begroting saam te stel is ‘n waardevolle hulpbron om inkomste en uitgawes te monitor en te bestuur asook om oorbesteding te identifiseer of te verhoed. Veral individue kan skuldig daaraan wees om nie ’n maandelikse begroting saam te stel nie, want daar is dikwels ’n houding van “ek weet mos min of meer wat my inkomstes en uitgawes is.”
Kennis Biblioteek
Blog
Is dit tyd om jou versekering te hersien?
Deur Nico Strydom
Versekeringsdekking is nie ‘n geval van een grootte wat almal pas nie maar eerder pasgemaakte oplossings vir spesifieke omstandighede. Pasgemaakte oplossings gee vir die verbruiker buigsaamheid, sê Thasnim Dawood, senior assistent-ombudsman by die ombud vir korttermynversekering.
Die sielkunde van spaar
Deur Reon Janse van Rensburg
Wonder jy soms waarom jy op ’n sekere manier met jou geld werk? Is daar ’n rede waarom sommige mense byvoorbeeld elke maand wil sien dat hul bankrekeningsaldo groei, terwyl ander glo dat geld bedoel is om uit te gee?
Jy dink dalk dat jy jou finansiële gewoontes by jou ouers geleer het, maar navorsing bewys dat mense se bestedingsgewoontes nie net deur kondisionering en lesse oor finansiële bestuur bepaal word nie. Daar is in werklikheid “spandeerders” en “spaarders” in dieselfde gesin.
Hoekom onafhanklike finansiële advies?
‘n Begroting is die grondslag is van enige finansiële beplanning. Die volgende stap behels drie vrae wat elke persoon in die gesig staar wanneer dit by finansiële beplanning kom:
- Wat gebeur as ek aftree?
- Wat gebeur as ek die vermoë verloor om ‘n inkomste te genereer?
- Waar kan ek die regte advies inwin vir my behoeftes?
Sewe groot foute met finansies
Die Covid-19-pandemie is op almal se lippe en gaan waarskynlik nog vir ‘n ruk deel wees van ons alledaagse doen en lates. Die gevolge van die pandemie gaan nog lank met ons wees en dit beteken dat dit steeds baie belangrik is om behoorlike aandag aan ons finansies te gee.
Wees vry, veilig en voorspoedig met jou finansies.
Voordat ’n padkaart na finansiële vryheid opgestel kan word, is dit belangrik om eers te weet wat finansiële vryheid is. Dan kan ons kyk wat alles verander het en die pad nou moeiliker laat word het, sodat ons ons eie padkaart vir die toekoms kan opstel.
Hoekom besigheid in Afrikaans sin maak.
Prof. Jacques van der Elst het in 2014 in ʼn skrywe die vraag gevra: “Hoekom Afrikaans?” Hy antwoord dit dan ook deur te sê: “Die vraag het eintlik nie ʼn antwoord nodig nie, want die bestaan van Afrikaans hoef nie eens bevraagteken te word nie. Die antwoord is voor die hand liggend. Afrikaans is een van Suid-Afrika se belangrike landstale. Dis ʼn taal waarin die wetenskap beoefen word en dis die taal waarin belangrike literêre werke verskyn en verskyn het, en dis die taal waarin meer as 16 miljoen Suid-Afrikaners met mekaar kommunikeer; waarin hulle lees, leer en studeer. Wat wil ʼn mens nog meer hê? Binne volkereverband vorm Afrikaanssprekendes die getal van ʼn klein of selfs middelgrootte nasie.”