Deur Reon Janse van Rensburg
Wonder jy soms waarom jy op ’n sekere manier met jou geld werk? Is daar ’n rede waarom sommige mense byvoorbeeld elke maand wil sien dat hul bankrekeningsaldo groei, terwyl ander glo dat geld bedoel is om uit te gee?
Jy dink dalk dat jy jou finansiële gewoontes by jou ouers geleer het, maar navorsing bewys dat mense se bestedingsgewoontes nie net deur kondisionering en lesse oor finansiële bestuur bepaal word nie. Daar is in werklikheid “spandeerders” en “spaarders” in dieselfde gesin.