
So Afrikaans soos ek en jy. SFD se korttermynversekeringsvennoot is Virseker, die trots Afrikaanse versekeringproduk wat na meer as net jou besittings omsien.
Virseker is versekering met ’n verskil. Hulle bied heelwat meer as net dekking vir jou besittings – of dit nou jou voertuig, jou huis, jou huisinhoud en persoonlike besittings, en jou besigheid is. Hulle bied iets werklik uniek: ’n geleentheid vir jou om by te dra tot die toekoms en voortbestaan van Afrikaans, want Virseker skenk elke maand ‘n gedeelte van hul premie-inkomste aan die Virseker Trust. Danksy dit, kon hulle verskeie Afrikaanse onderriginstansies, wat onder andere Akademia, Soltech, die Rapport Onderwysfonds en die Vereniging van Afrikaanse Wiskunde Onderwysers insluit, ondersteun.
Virseker se produk-suite hoef vir geen ander versekeraar terug te staan nie, want hulle dek bykans alles wat jy besit. As jy dalk dink dís bloot ydele bemarkingstaal, kom ons kyk ’n bietjie in detail wat die gewilde Afrikaanse versekeringhandelsmerk alles bied.
Hul Voertuigdekking is ontwerp om aan jou behoeftes te voldoen, en dek voertuie soos karre en bakkies, veldvoertuie, motorfietse, sleepwaens, karavane, watertuie en veel meer. Jy kan kies uit drie voertuigprodukte: Omvattende, Derdeparty-, Brand- en Diefstal- en, Slegs Derdeparty
Gebouedekking dek jou huis se struktuur, en sluit buitegeboue, swembaddens, heinings, en so meer in. Dit dek jou teen allerlei rampe, soos brand, weerlig, aardbewings, oorstromings, en selfs goed wat uit vliegtuie gegooi word! Jou huisinhoud en persoonlike besittings bly ook nie agterweë, want Virseker se Huisinhouddekking sien om na die los inhoud van jou huis, terwyl ons Draagbare Besitting-dekking dinge dek wat jy met jou saamdra, soos juweliersware, selfone, skootrekenaars en nog heelwat meer.
Virseker bied ook dekking vir jou besigheid, en dis so verpersoonlik as wat kan kom – hul Besigheidsversekering is spesiaal aangepas vir meer as 700 verskillende besigheidstipes. Besigheidpolisse sluit Virseker se Besigheidshulp – ’n versameling waardevolle ondersteuningsdienste, waarvan sommiges 24/7 beskikbaar is – outomaties in.
En dan is daar die Virseker Trust, waartoe jou premie bydra. Die Trust het oor die afgelope nege jaar meer as R50 miljoen aan die instansies wat ons in die openingsparagraaf genoem het, geskenk. Die Trust verleen ook studiehulp aan studente wat in Afrikaans wil studeer, en bevorder ons taal en kultuur verder deur Afrikaanse kuns- en musiekfeeste en skolesport, soos die Virseker Beker, te ondersteun.
Maar jou premie help nie net ons taal nie – dit help ook ons mense in hierdie uitdagende tyd. Danksy jou premies kon die Trust R1 miljoen aan die Solidariteit Krisisfonds skenk om by te dra tot Helpende Hand se Josef-silo’s, skenkingspunte vir nie-bederfbare voedsel en ander benodighede, sowel as om leerders te help om op die e-leerstelsel Wolkskool.co.za voortgesette onderrig tydens die Covid-19-krisis te kan kry.
Dít alles word onderskraag deur bobaas-diens, wat deurlopend, van polisboek tot inbelsentrum, in Afrikaans gelewer word. Dat Virseker se diens puik is, is ook nie sommer net ’n bewering van die handelsmerk nie – hulle is al vir drie agtereenvolgende jaar aangewys as die bes-presterende handelsmerk in die SAcsi-opname, ’n onafhanklike barometer van kliëntetevredenheid.
Met só ’n indrukwekkende waardeproposisie van die enigste suiwer Afrikaanse handelsmerk in korttermynversekering is Virseker eintlik die enigste opsie vir Afrikaanssprekendes wat versekering soek.
Hoe weet jy die versekering is nommerpas vir jou?
- Ondersteuning van Afrikaans
- Uitstekende diens
- ’n Wye produkreeks
- Diens en dokumentasie in Afrikaans
- Dis jou versekering, deur jou mense, in jou taal
Ons vennoot SFD
As ons by SFD gevra word om versekering aan te beveel, is dit nie ’n moeilike taak nie. Ons ondersteun Virseker nie net omdat ons hul toewyding aan ons taal respekteer nie, maar ook omdat hul uitstaande dienslewering ons die vertroue gee om hulle met ’n oop gemoed aan te beveel. Virseker is wérklik uniek in die bedryf, en ’n duidelike bewys dat, ten minste wanneer dit by verskering kom, jy jou brood tóg aan albei kante gebotter kan hê.
Virseker is ’n produk van Auto & General Versekeringsmaatskappy Bpk, ’n gemagtigde versekeraar en finansiële-diensverskaffer. Enige verwysing na “ons”, “deur” of “met” verwys na Auto & General. Bepalings en voorwaardes geld.