So verseker jy die
beste gesondheidsorg

Mediese dekking is iets wat ’n mens móét hê. Jy mag dit dalk op die agtergrond plaas as ‘n luuksheid,
tot die dag wat jy dit werklik nodig het en dan eers agterkom dat dit die verskil tussen lewe en
dood kan beteken.

Solidariteit Finansiële Dienste (SFD) dra jou belang op die hart en wil verseker dat jy reg deur die jaar die nodige ondersteuning van jou mediese fonds en gapingsdekking kry.

Kies die plan wat die beste by jou behoeftes pas

Ons sal aanraai dat jy deeglik moet gaan nadink oor wat presies jou en jou gesin se behoeftes is voor jy besluit watter mediese fonds jy kies. Hier is ‘n eenvoudige vergelyking tussen die mees algemene opsies wat by vyf (BestMed, Medihelp, Discovery, Momentum en Bonitas) verskillende mediese fondse gekies word.

Hierdie opsies se voordele is ook almal vergelykbaar met mekaar sodat jy die prys verskil kan sien.

‘n Mediese fonds (hospitaal plan en spaar) met ‘n groter spaar opsie

‘n Mediese fonds (hospitaal plan en spaar) met ‘n kleiner spaar opsie

‘n Omvattende mediese fonds (hospitaal plan, spaar en ander voordele)

‘n Netwerk

 

Hoe pas SFD in die mediese fonds prentjie in?

‘n Mediese fonds is ‘n soort versekering wat mediese uitgawes dek. Dit kan uitgawes in die hospitaal wees of selfs uitgawes buite die hospitaal (soos brille en pille). Daar is natuurlik ook die kostes waarvan ‘n mens vergeet soos die mediese fasiliteite en mediese personeel.

Uit hierdie perspektief, wie beter om aan jou kant te hê met die besluit oor watter mediese fonds om te kies as SFD, deel van die Solidariteit Beweging. SFD is ‘n kenner op die gebied van versekering en boonop bied ons finansiële advies in Afrikaans, alles gratis.

Ons by SFD wil mense in staat stel om die beste keuse in voorsorg vir hul gesondheidsorg te maak.

 

Ons raad aan individue is om ‘n proaktiewe benadering te volg deur ‘n mediese fonds te kies wat in lyn is met hul gesondheid en finansiële omstandighede. Om jou spesifieke behoeftes te verstaan, plan-opsies en gapingsdekking noukeurig te hersien en te verseker dat jou gekose plan voldoende dekking bied, is alles kritieke stappe om ‘n ingeligte besluit oor mediese fondse te neem. Hierdie keuse kan jou toegang tot gesondheidsorgdienste en finansiële stabiliteit aansienlik beïnvloed in die geval van mediese noodgevalle.

 

SFD sal jou bystaan, elke stap van die proses, wat betref die keuse van mediese fondse asook produkte wat daarmee saamgaan.

Hier is waarmee ons kan help:

Vergelykende kwotasies vir mediese fondse

Vergelykende kwotasies vir gapingsdekking

Goedgekeuring vir chroniese medikasie en behandeling

Voorafgoedkeuring vir beplande prosedures

Eise vir medikasie en prosedures

Jaarlikse hersiening van mediese fonds

Administratiewe dienste bv verandering van besonderhede

Hoekom sou jy SFD kies om jou te help:

SFD gee raad oor die keuse van ‘n mediese fonds sonder enige affiliasie aan ‘n spesifieke mediese fonds verskaffer en dit beteken die volgende voordele vir jou:

Gratis kundigheid: Ontsluit gemoedsrus met ons gratis kundige leiding oor die keuse van die perfekte mediese fonds plan vir jou behoeftes!

 

Objektiewe leiding: Ons funksioneer as ‘n onafhanklike konsultant, wat beteken ons het geen eksklusiewe vennootskappe met ‘n spesifieke mediese fonds-maatskappy nie. Hierdie onafhanklikheid stel ons in staat om onpartydige en objektiewe advies aan kliënte te bied wat jou belange in ag neem.

 

Pasgemaakte spesialis aanbevelings: SFD se onafhanklikheid stel ons in staat om uitsluitlik op jou spesifieke gesondheidsorgvereistes en begroting te fokus. Dit alles met spesialis kennis. Ons adviseurs is kenners op die gebied van mediese fonds dekking en sal jou help om die beste opsies te oorweeg.

 

Toegang tot ‘n wye reeks opsies: ‘n SFD-konsultant het toegang tot ‘n wye reeks mediese fonds planne en -verskaffers. Sy kan jou voorsien van omvattende inligting oor verskeie opsies wat in die mark beskikbaar is, wat jou help om ingeligte besluite te neem wat by jou individuele omstandigheid pas.

 

Ons sien uit daarna om prosesse rakende jou mediese fonds vir jou makliker te maak.

Elmien de Beer | SFD: Mediese Konsultant
E-pos: elmien@sfdienste.co.za | Kontaknommer: 072 042 3187 | Kantoornommer: 0861 101 005

In samewerking met Multinet Lewensmakelaars FPS nr: 11091