’n Man met n dogtertjie op sy skoot

Betaal jy te veel vir jou mediese fonds?

SFD bied omvattende mediese advies en dekking, en is geaffilieer met alle vooraanstaande mediese fondse. Daarom stel dit ons in staat om vir jou die beste mediese fonds, met die beste produkte aan te bied teen ‘n prys wat jou sak pas.

Hoekom moet jy SFD oorweeg?

  • SFD werk saam met ‘n groot verskeidenheid dienste verskaffers en dit stel hulle in staat om vir jou mediese dekking te bied wat by jou behoeftes pas.
  • Ons maak seker jou mediese skemadekking word gereeld hersien om by jou veranderende mediese behoeftes aan te pas.
  • Jou mediese dekking mag dalk nie genoeg wees om spesialis en hospitaal kostes te dek nie, daarom kan SFD jou help om die regte gaping dekking te kry vir volkome gemoedsrus.
  • Mediese dekking is dikwels ‘n huishouding se tweede grootste uitgawe, maar baie van ons ervaar steeds aansienlike tekorte. Daarom kan SFD jou help om die regte gapingsdekking te kry, en so onnodige uitgawes te voorkom.
  • SFD het ‘n professionele gesondheid-geakkrediteerde finansiële adviseur, wat regstaan om jou te help.
  • Ons gaan jou nie net help om die regte mediese fonds te kies nie, ons gaan jou ook help om die regte produk te kies.

Alles van mediese dekking

Elke persoon se mediese behoeftes is anders, daarom moet jy ‘n mediese skema kies wat spesifiek by jou gesondheidsomstandighede en begroting pas.  Net soos wat jy verander, kan jou gesondheidsorgbehoeftes ook verander en daarom het jy ‘n diens verskaffer nodig wat kan seker maak die dekking wat jy kies, daarby gaan pas.

Oorweeg meer as een verskaffer vir jou gesondheidsorgbehoeftes

Primêre gesondheidsogversekering gee jou toegang tot ‘n wye verskeidenheid mediese diensverskaffers wat na jou daaglikse gesondheidsorgbehoeftes sal omsien.  Ongelukkig kan dit moontlik die risiko van hospitalisasie en chroniese siektes beperk.  Mediese skemas word deur die Raad vir Mediese Skemas gereguleer, terwyl produkte soos gapingsdekking en hospitaal kontant planne aan die Lang- en Korttermynversekeringswette onderworpe is.  Hierdie verskillende produkte het dus hulle eie reëls, regulasies en voordele.  Gapingsdekking kan die verskil dek tussen wat mediese diensverskaffers moontlik sal vra en wat die mediese skema betaal tydens behandeling of hospitalisasie.

Kyk wat sê ons huidige kliënte

“Ek wil graag dankie sê vir die uitstaande diens wat ek onlangs van julle ontvang het.  Julle het altyd professioneel opgetree terwyl ek soms lastig kon wees.  Alle korrespondensie was in duidelike, verstaanbare Afrikaans wat dit ’n plesier gemaak het om met SFD te kon besigheid doen.”

Hannetjie Dry

Hiermee wil ek graag van die geleentheid gebruik maak om vir SFD te bedank vir die diens wat hulle aan ons lewer rakende keuses van mediesefondse en daarna. Ek kry elke keer onmiddellike terugvoer indien daar enigsins ʼn probleem is waaroor ons hulle kontak. Ek beveel SFD by almal aan wat belangstel in ʼn mediesefonds.”

Bertus van den Broek

“Ek was opgeneem in die hospitaal Mei 2021, en het na die tyd ongelooflik gesukkel met rekeninge wat die mediese fonds, sowel as my gapingsdekking moes betaal.  Dit was volgens wetgewing en die verskillende polisse, so ek het vir lank self met die mediese fonds probeer uitklaar tot ek moed opgegee het.  Ek het toe besluit om dit eerder te verwys na my makelaar by SFD.  Hulle het met elke rekening en elke frustrasie wat ek gehad het my onmiddellik op hoogte gebring met die vordering van elke liewe rekening.  Hulle het selfs namens my baklei, en so het hulle omtrent +-R80 000 se rekeninge uitgesorteer wat ek self sou moes betaal het as SFD nie ingespring het en met die mediese fondse gepraat het nie.  Ek sal SFD hoogs aanbeveel vir enige dienste wat hulle lewer, die diens was uitstekend en hulle het elke keer uit hulle pad gegaan om my te help om my goed uitgesorteer te kry.”

Paulize Mahon

Spaar nou op jou medies dekking. Skakel ons by  0861 101 005 en ‘n vriendelike verteenwoordiger van SFD sal met jou in kontak wees.

Skakel ons by  0861 101 005 en ‘n vriendelike verteenwoordiger van SFD sal met jou in kontak wees.