
Mediese Dekking Mediese skemas, hospitaalplanne, gapingsdekking en meer aangebied deur ons professionele en Afrikaanse span.
Mediese dekking is iets wat ’n mens móét hê.
Solidariteit Finansiële Dienste sal jou bystaan wat betref die keuse van mediese fondse asook produkte wat daarmee saamgaan.
’n Mens moet jou mediese dekkingsopsies jaarliks hersien en ’n gesondheid-geakkrediteerde finansiële adviseur betrek om te verseker dat jou voordele by jou en jou gesin se gesondheidsbehoeftes en huidige finansiële posisie pas.
Alles van mediese dekking
Elke persoon se mediese behoeftes is anders, daarom moet jy ’n mediese skema kies wat spesifiek by jou gesondheidsomstandighede en begroting pas en met jou veranderende gesondheidsorgbehoeftes aanpas.
Daarom moet jy gereeld jou mediese skemadekking hersien. Jy aanvaar miskien jy is gedek, maar kom dan agter dat jou mediese skema se bydrae nie naastenby genoeg is om jou hospitaalkoste en spesialisbehandeling te dek nie, en dat jy elke keer vir die tekort moet opdok. Spesialisbehandeling kan die grootste deel van jou mediese koste uitmaak. Die verantwoordelikheid is dus op jou om te verstaan watter tariewe spesialiste en hospitale op ’n individuele grondslag met verskillende mediese skemas beding.
Oorweeg meer as een verskaffer vir jou gesondheidsorgbehoeftes.
Suid-Afrikaanse regulasies verbied mediese skemas om sowel gapingsdekking as hospitaalkontantplanne te verkoop, en ook omgekeerd. Mediese skemas word deur die Raad vir Mediese Skemas gereguleer, terwyl produkte soos gapingsdekking en hospitaalkontantplanne aan die Lang- en Korttermynversekeringswette onderworpe is. Hierdie verskillende produkte het dus hulle eie reëls, regulasies en voordele.
Primêre gesondheidsorgversekering gee jou toegang tot ’n wye verskeidenheid mediese diensverskaffers wat na jou daaglikse gesondheidsorgbehoeftes sal omsien. Dit kan dalk die risiko van hospitalisasie en chroniese siektes beperk.
Gapingsdekking kan die verskil dek tussen wat mediese diensverskaffers moontlik sal vra en wat die mediese skema betaal tydens hospitalisasie.
Mediese dekking is dikwels mens se tweede grootste maandelikse uitgawe en tog ervaar baie van ons aansienlike tekorte wanneer ons moet opdok vir die hospitaalrekening of duur buitehospitaalbehandeling.
Jou gesondheidsorgbehoeftes en begroting sal jou produkkeuses beïnvloed.
’n Omvattende opsie is dikwels die wenslikste, en jou behoeftes kan dalk lei tot ’n besluit om uitgebreide voorskriflyste en prostesevoordele, oogkunde of gespesialiseerde kosmetiese prosedures laer op jou prioriteitslys te plaas.
Party mense registreer die hele gesin vir die duurste opsie ter wille van gemoedsrus en betaal dalk vir voordele wat nie almal werklik nodig het nie. Dit beklemtoon weer hoe belangrik dit is om jou mediese dekking jaarliks te hersien. Oorweeg dit om dalk gesinslede met groter gesondheidsorgbehoeftes op ’n aparte plan te registreer en verhoed só dat die hele gesin meer betaal vir voordele wat jy net vir enkele gesinslede benodig.