Sol-Tech Studielenings SFDienste sal jou finansieel bystaan om jou opleiding by die beste Afrikaanse opleidingsinstelling in die wêreld te voltooi.

Sol-Tech is ‘n privaat beroepsopleidingskollege wat op Christelike waardes gefundeer is en Afrikaans as onderrigmedium gebruik.

 

SFDienste bied van die mededingendste rentekoerse om jou studies by hierdie wêreldklas instelling te voltooi.

Leer om ‘n IT-ondersteuning- en netwerkspesialis, ‘n Data- & Wolk-spesialis en ‘n Kubersekuriteitspesialis te word en toegerus te word met die nodige vaardighede en kennis om ‘n bydra tot enige organisasie se IT-infrastruktuurbeplanning en -bestuur te lewer. Na voltooiing van die program, sal jy ‘n basiese CompTIA-sertifiserings en ‘n Sol-Tech sertifikaat ontvang, wat jou indiensneembaar maak vir ‘n wye verskeidenheid beroepsmoontlikhede in die IT-bedryf.

Doen vandag aansoek by SFDienste om ‘n voorsprong in die hoogs mededingende werklandskap in Suid-Afrika te kry.

Kontak Ons