Sol-Tech Studielenings SFDienste sal jou finansieel bystaan om jou opleiding by die beste Afrikaanse opleidingsinstelling in die wêreld te voltooi.

Mens het nodig om ’n voorsprong te kry in die hoogs mededingende en soms onregverdige werklandskap in Suid-Afrika. SFDienste bied van die mededingendste rentekoerse vir jou om jou studies te voltooi by hierdie wêreldklas instelling.

Sol-Tech is ’n geakkrediteerde, privaat beroepsopleidingskollege wat op Christelike waardes gefundeer is en Afrikaans as onderrigmedium gebruik.

Sol-Tech fokus op beroepsopleiding wat tot die verwerwing van nasionaal erkende, bruikbare kwalifikasies lei. Die kwalifikasie wat studente by Sol-Tech verwerf, dien as fondasie om verder te studeer en uiteindelik ‘n erkende ingenieurskwalifikasie te verwerf. Sol-Tech het dus ten doel om jongmense se toekomsdrome met betrekking tot loopbaanontwikkeling deur doelspesifieke opleiding te verwesenlik.

Sol-Tech bied formele opleiding in die volgende studierigtings aan: Elektrisiën, Meulmaker, Dieselwerktuigkundige, Passer-en-draaier, Sweiser, Trekkerwerktuigkundige en Gereedskapmaker.

Kontak Ons