Jou Loskom-plan van Eskom

Dit is geen geheim dat Eskom Suid-Afrika ʼn vooruitstrewende ekonomie en talle geleenthede ontneem wat wag om ontgin te word nie.

Maar wat het beurtkrag jou en jou gesin ontneem?

 

Buiten die ekonomiese gevolge maak beurtkrag ʼn enorme negatiewe impak op Suid-Afrikaners se daaglikse lewe. Met onvoorspelbare kragonderbrekings wat huishoudings ontwrig word gesinne in die duister gelaat, wat veiligheid, gemak en die vermoë om noodsaaklike take uit te voer in gedrang bring. Die gebrek aan elektrisiteit ondermyn almal se lewenskwaliteit en belemmer toegang tot basiese geriewe. Studente worstel met ontwrigte studieskedules, en staar soms uitdagings in die gesig om spertye te haal en take effektief te voltooi. Om nie eers te praat van nuwe ouers wat in die donker gelaat word met ‘n groot nuwe verantwoordelikheid nie.

Jy kan nou die beheer van jou kragvoorsiening in eie hande neem: SFD het die oplossing. Ons bied nou ook finansiering vir jou sonkragbehoeftes.

Wat behels die sonkragfinansiering?

  • Dit geskied teen ʼn kompeterende rentekoers gekoppel aan prima.
  • Jy kan uit ʼn verskeidenheid terugbetalingstermyne kies.
  • Jy kan uit drie verskillende finansierings opsies kies om die beste te pas by jou persoonlike sonkrag-oplossing, naamlik:
  • Die volledige sonkrag-oplossing: Hierdie opsie verseker dat jy heeltemal onafhanklik van Eskom se elektrisiteitnetwerk kan funksioneer. Dit sluit ‘n omskakelaar, batterye en die sonpanele in.
  • Die geïntegreerde rugsteun-oplossing: Hierdie opsie bied sonkrag-hulp wat steeds gedeeltelik van Eskom se elektrisiteitnetwerk afhanklik is. Dit sluit ‘n omskakelaar, batterye en die sonpanele in.
  • Die mobiele oplossing: Hierdie opsie is ‘n sonkragstelsel wat gekoppel is aan Eskom se elektrisiteitnetwerk, maar gereed staan om oorgeskakel te word na een van die ander twee sonkrag-opsies.

 

Spesifieke produkreëls vir aangebode produkte.

Koerse word gekoppel aan prima koers en bostaande gekwoteerde is bepaal teen die heersende koers van 11.75% soos bepaal in Junie 2023.

Volg hierdie stappe om aansoek te doen:

Stap 1:
Jy bepaal jou huishouding se behoefte saam met ʼn sonkrag-installeerder van jou keuse wat jy ken en/of vertrou.

Stap 2:
Jy moet seker maak die sonkragprodukte wat aangebied word, is van goeie gehalte.

Stap 3:
Vul die baie kort form in en ons kontak jou terug of kontak ons op 0861 101 005 om te kyk of jy kwalifiseer vir ‘n lening.

Belangrike bepalings en voorwaardes om in ag te neem voor jy met die aansoekproses begin:
  • Die installeerder sal die ooreengekome geld eers ontvang wanneer jou aansoek voltooi en goedgekeur is.
  • SFD aanvaar geen verantwoordelikheid vir die kwaliteit van enige sonkragprodukte of -installasies nie.
  • SFD aanvaar geen verantwoordelikheid vir die verhouding of ooreenkoms tussen ons kliënte en die gekose installeerder nie.
  • Tans slegs beskikbaar vir personeel van die Solidaritiet Beweging.

1.1 Loskom lening

(Volledige installasies)

Rentekoers: 11.75% – 12.75% pj**
Minimum leningsbedrag: R80 000
Maksimum leningsbedrag: R300 000
Maksimum termyn: 48 – 72 maande
**Rentekoers
48 Maande 11.75%
60 Maande 12.25%
72 Maande 12.75%

1.2 Loskom lening

(Geïntegreerde rugsteun)

Rentekoers: 11.75% – 12.75% pj**
Minimum leningsbedrag: R30 000
Maksimum leningsbedrag: R80 000
Maksimum termyn: 36 – 60 maande
**Rentekoers
36 Maande 11.75%
48 Maande 12.25%
60 Maande 12.75%

1.3 Loskom lening

(Mobiele rugsteun)

Rentekoers: 11.75% – 12.75% pj**
Minimum leningsbedrag: R5 000
Maksimum leningsbedrag: R60 000
Maksimum termyn: 6 – 60 maande
**Rentekoers
06 Maande 11.75%
12 Maande 11.75%
18 Maande 12.25%
24 Maande 12.25%
36 Maande 12.75%
48 Maande 12.75%
60 Maande 12.75%